Ons kondig aan met groot plesier dat ons tans aansoeke vir ons 2019 sending aanvaar!

comdu.it ‘n groeiende netwerk van veranderaars wat daarna streef om verandering na te bring deur die mobilisering van kennis binne die diaspora gemeeentskap asook deur verantwoordelike belegging vir die volhoubare ontwikkeling in die tradisionele Tamil tuislande in Sri Lanka. Ons missie is daarop gemik om die diaspora se betrokkenheid te verander van welwillendheidswerk na volhoubaarheid; van finansiële bystand na ekonomiese ontwikkeling; en om kennis-ekonomië te ondersteun in plaas daarvan om steun te verleen aan ‘n oormakingsekonomie. Ons werk huidiglik in Kanada en Duitsland.

comdu.it werk sedert 2016 met talryke plaaslike vennote op voetsoolvlak om meer as 20 veranderaars in verskeie posisies te plaas – opvoeders, maatskaplike werkers, professionale poste in besigheid en IKT, asook stadsbeplanners – in verskeie gebiede, insluitend Colombo, Karainagar, Kilinochchi, Kudathanai, Mannar, Mullaitivu, Periyanilavanai, Uda Pussellawa, Uppuveli, Urani, en Vavuniya. Hierdie uitplasings fokus op vyf tematiese areas: Leierskapontwikkeling, Ekonomiese bemagtiging, Menseregte, Psigososiale ontwikkeling, en Openbare Sektor Kapasiteit.

In samewerking met ons plaaslike vennote in die Noordelike en Oostelike Provinsies in Sri Lanka, het ons tans 19 posisies beskikbaar as deel van ons 2019 sending vir diaspora professionele persone om deel uit te wees van die medeskepping van sosiale impak op voetsoolvlak.

Vir meer ingligting oor die verskillende posisies, toelatingsvereistes en hoe om aansoek te doen, gaan gerus na
comdu.it/our-programs

Doen asseblief aansoek teen 31 Mei, 2019

Help ons asseblief om die mees toepaslike kandidate te bereik – stuur hierdie inligting aan jou persoonlike-, professionele-, gemeenskap-, media- en ander netwerke, deur middle van sosiale media, of mondelings.

Doen aansoek